More results...

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Karakterisering van rolblaar-geinfekteerde wingerdstokke (Cabernet Sauvignon / Richter 99) te Welgevallen-proefplaas – `n gevallestudie

Oct 27, 2020 | Uncategorized

Project Number
US WW-Underhay

Project title
Karakterisering van rolblaar-geinfekteerde wingerdstokke (Cabernet Sauvignon / Richter 99) te Welgevallen-proefplaas – `n gevallestudie

Project leader
Goussard, P G

Institution
University of Stellenbosch

Team members
Underhay, J P

Project description
Die oogmerk met hierdie ondersoek (gekoppel aan ‘n Honneursprojek vir 2002 van mnr JP Underhay) behels die karakterisering van stokke (Cabernet Sauvignon/Richter 99) t.o.v. response teenoor rolblaarinfeksie (GLaV-3). Die betrokke blok wingerd (1,5 ha) is sedert vestiging in 1988 op ‘n jaarlikse basis gekarteer op grond van visuele simptome van rolblaar.
Op hierdie wyse kon daar volledig rekord gehou word van (i) wanneer en by watter stokke die eerste visuele aanduidings van rolblaarinfeksie waargeneem is, (ii) herinfeksie en verspreiding en (iii) watter stokke tans die “siekste” en “gesondste” vertoon tov visuele voorkoms.

Anatomiese, morfologiese en fisiologiese reaksies asook algehele prestasie van hierdie stokke soos teweeggebring deur langtermyn blootstelling aan potensiele herinfeksie met rolblaar-geassosieerde virusse is ondersoek. Alhoewel na 14 jaar die totale blok visueel aan herinfeksie onderwerp was, kon ‘n duidelike onderskeid getref word tussen (i) lig- en (ii) swaar-geïnfekteerde stokke tov visuele voorkoms en algemene prestasie. Anatomiese ondersoeke het openbaar dat floëem degenerasie in ‘n groter mate by swaar as by liggeinfekteerde stokke voorgekom het. By beide kategorieë word noodsaaklike fisiologiese prosesse egter nadelig beinvloed deur hierdie anatomiese veranderings wat dan uitdrukking vind in die morfologiese karaktertrekke van visueel geïnfekteerde stokke. Virusopsporingstoetse het openbaar dat GLaV-3 in hoër konsentrasies by swaar- as by liggeïnfekteerde stokke voorgekom het.

Poster(s)
Goussard, P G. 2002. Characterisation of leafroll infected grapevines (Cabernet Sauvignon/Richter 99) at Welgevallen Experiment Farm – a case study. Poster presented at the 26th National Congress of the South African Society of Enology and Viticulture. 13-15 November, Somerset West, South Africa.

Article
Goussard, P G, Underhay, J P. 2004. Rolblaarverspreiding en karakterisering van geïnfekteerde wingerdstokke (Cabernet Sauvignon/Richter 99) te Welgevallen proefplaas – ‘n gevallestudie, WineLand, Mnth Mar (p. 84-87)

FinalReport.pdf

More results...

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors