Chemiese Beheer van Blaarspringers om Aster Yellows te Bekamp


Project Number
ADK 03

Project Title
Chemiese beheer van blaarspringers om aster yellows te bekamp

Project Leader
De Klerk, C A

Institution
Private

Project Description
Aster yellows is ‘n fitoplasma-siekte wat onlangs vir die eerste keer in Suid-Afrika in die onmiddellike omgewing van Vredendal en in die Breërivier area gevind is. Ernstige skade word aangerig deurdat die trosse verdroog en groot oesverliese veroorsaak. Dit is ‘n kwarentyn-siekte en hou ernstige nadelige implikasies vir die hele wingerdbedryf in, aangesien wyn- sowel as tafel- en droogdruifkultivars aangeval word. Aangesien die siekte in Europese lande deur blaarspringers versprei word, word twee projekte tans uitgevoer om te bepaal of dit ook in Suid-Afrika die geval is. Ongeveer 15 spesies is geïdentifiseer en aster yellows is reeds in een spesie se spysverteringskanaal gevind. Die beheer van blaarspringers is dus uiters noodsaaklik om verdere verspreiding van dié gevaarlike siekte te voorkom.

Slegs een plaagdoder (endosulfan) is tans in Suid-Afrika geregistreer vir die chemiese beheer van blaarspringers. Die middel is egter nie ‘n omgewingsvriendelike produk nie en is reeds in 55 oorsese lande verbied. Dit kan ook binnekort die geval in Suid-Afrika wees.

Die doel van hierdie projek is dus om nuwer chemiese middels met lae impak op die omgewing vir die beheer van blaarspringers te toets.

Presentation(s)
De Klerk, A. 2010. Waboomsrivier produsente: Voorkoms en beheer van blaarspringers, September.
De Klerk, A. 2011. Seasonal occurrence and control of leafhopper. Presentation atto the 11th Vine Virus Workshop. May, ARC Infruitec-Nietvoorbij, Stellenbosch, South Africa.
De Klerk, A. 2012 Nuutste resultate oor chemise beheer van blaarspringers. August, Vredendal, Waboomsrivier en Robertson, South Africa.

Article
De Klerk, C A. 2014. Chemiese beheer van blaarspringers om Astervergeling in wingerde te bekamp, WineLand, Mnth Jan (p. 79-82)

FinalReport.pdf

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors