Project Number
WW 07-19
Project title
Beskerming van kwekerye en jong stokkies teen rolblaar infeksie deur die toediening van ‘n sistemiese insekdoder
Project leader
Carstens, R
Project description
Wingerd kwekerye lewer jaarliks groot hoeveelhede (17.8 miljoen oor die afgelope twee jaar) stokkies aan wingerd produsente. Kwekerye ontvang hul entmateriaal vanaf moederblokke. In die moederblokke kom daar soms stokke voor wat met rolblaarvirus besmet is. Sulke stokke met duidelike simptome word gemerk en nie vir entmateriaal gebruik nie. Daar kan egter rolblaarbesmette stokke voorkom wat nog geen simptome toon nie. Wanneer sulke stokke se lote gebruik word as entmateriaal in die kwekery en dit word in die kwekery tussen ander onbesmette stokke gewortel/geplant, kan dit dien as bron van infeksie en deur witluise versprei word.
Waar die stokkies dan by die produsent geplant word, dien dit as ‘n verdere bron van infeksie indien witluis in die blok teenwoordig is. Simptome verskyn ongeveer 2 jaar na die stokke gevestig is. Indien die stokke met simptome dan uitgehaal word, bestaan die moontlikheid dat die naasliggende stokke sonder simptome ook al besmet is.
Die projek het dit ten doel om ‘n metode daar te stel vir die toediening van ‘n sistemiese insekdoder in kwekerye asook om wanneer die stokkies in die blok uitgeplant is, die stokke te beskerm teen virus infeksie afkomstig van omliggende wingerde of besmette voortplantingsmateriaal.
Presentation(s)
Carstens, R. 2005. Protection of nursery material and young vines using systemic insecticides. Presenation. ARC Infruitec-Nietvoorbij Virus Workshop, Stellenbosch, South Africa, 10 May
Carstens, R. 2008. Protection of nursery material and young vines using systemic insecticides. Presentation. ARC Infruitec-Nietvoorbij Virus Workshop, Stellenbosch, South Africa, 19 August