Project Number
SASEV – Congress
Project title
SASEV activities: international expertise
Project leader
SASEV
Institution
South African Society for Enology and Viticulture
Project description
Die Suid-Afrikaanse wingerd- en wynbedryf word tans gekenmerk deur ‘n snelle groei, veral teen die agtergrond van groot uitdagings op die uitvoermark. Hierdie uitdagings en uitbreiding van die plaaslike bedryf veroorsaak dat produsente en ook ander rolspelers in die waardeketting, van ‘n konstante vloei van nuwe navorsingsinligting voorsien moet word ten einde die Suid-Afrikaanse kompeterende voordeel te behou. Hierdie behoefte aan nuwe inligting bring weer nuwe uitdagings aan die navorsingskorps, wat nie alleen die nuwe inligting moet genereer nie, maar ook die inligting moet verwerk en saamvoeg in pakkies wat aan produsente en rolspelers oorgedra moet word.
Die SAWWV het homself as voorkeur aanbieder van navorsingsinligting in die Suid-Afrikaanse wingerd- en wynbedryf onderskei en dien as ‘n platform waar wetenskaplike inligting op verskeie wyses oorgedra word. Bedryfsbefondsde navorsingsresultate word deur navorsers tydens die vele aktiwiteite van die SAWWV oorgedra. Alhoewel die SAWWV hom ten doel gestel het om jaarliks ‘n wetenskaplike kongres, en elke vyf jaar ‘n internasionale kongres aan te bied, het die snelle groei van ons bedryf en ons rol as wêreldspeler, die SAWWV genoodsaak om die aanbied van ‘n twee jaarlikse kongres met 2 tot 3 internasionale sprekers te oorweeg en elke 3 jaar ‘n Internasionale kongres bied nie alleen kan hierdie internasionale kenners verder stu-krag aan ons plaaslike navorsingspoging bied nie, maar kan plaaslike ekspertise ook internasionale blootstelling kry.
Hierdie projek het ten doel om jaarliks die nodige befondsing te bekom om internasionale sprekers na aktiwiteite van die SAWWV te nooi.